Isaiah 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal wees soos 'n gejaagde gemsbok en soos 'n skaap wat niemand optel nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Almal sal hardloop tot hulle uitgeput is, op pad na hulle eie lande toe, soos bokke wat gejag word, soos skape sonder ’n herder.
Afrikaans 1933/1953 En soos 'n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.
Afrikaans 1983 Soos 'n ribbok wat opgejaag is, soos 'n skaap wat nie opgepas word nie, so sal die mense uit Babel padgee, elkeen na sy eie volk toe, so sal elkeen na sy eie land toe vlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal wees soos met 'n verskrikte gasel, en kleinvee wat niemand bymekaar hou nie. Elkeen van hulle sal na sy volk draai, en elkeen van hulle na sy land vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense van ander lande sal vlug na hulle eie volke toe en na hulle lande. Dit sal wees soos wanneer iemand 'n wildsbok skrikmaak, of soos wanneer die skape weghardloop wanneer niemand hulle oppas nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die uitlanders wat in Babel bly, sal na hulle eie land toe padgee. Hulle sal terugvlug na hulle eie land en hulle eie mense toe, nes wildsbokke wat gejag word of skape sonder ’n herder.