Isaiah 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal 'n mens kosbaarder maak as fyn goud; selfs 'n man as die goue wig van Ofir. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Min mense sal oorleef teen die tyd dat Ek my werk voltooi. Mense sal so skaars wees soos goud, skaarser as goud uit Ofir. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud, skaarser as die goud uit Ofir. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal sterflinge skaarser maak as fyngoud, mense skaarser as goud uit Ofir. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat oorbly, sal baie min wees, hulle sal minder wees as die goud van die land Ofir. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal maar min mense oorbly nadat Ek met hulle klaar is. Hulle sal baie skaarser wees as die suiwer goud uit Ofir. |