Isaiah 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die wêreld besoek oor hulle boosheid en die goddelose oor hulle ongeregtigheid; en Ek sal die arrogantheid van die hoogmoediges laat ophou en die hoogmoed van die verskriklikes verneder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, die Here, sal die wêreld straf oor sy boosheid en bose mense vir hulle sonde. Ek verpletter die arrogansie van trotse mense en die verwaandheid van die magtiges. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die land straf oor sy boosheid, die goddeloses vir hulle sonde. Ek sal 'n einde maak aan die hoogmoed van die vermeteles, Ek sal dié wat hoogmoedig en verwaand is, verneder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek sal van die wêreld rekenskap eis oor boosheid, en van goddeloses oor hulle sondeskuld. Ek sal 'n einde maak aan die hoogmoed van vermeteles; die trots van geweldenaars sal Ek verander in vernedering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek sal die slegte mense in die wêreld straf, die mense wat verkeerd doen, Ek sal die parmantige en hoogmoedige mense laat sterf, Ek sal die hoogmoedige en wrede mense hard laat val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan die land straf oor sy sonde en die goddelose mense oor hulle misdade. Ek gaan die verwaandheid van die arrogante mense uitwis. Ek sal hulle bespotlik maak. |