Isaiah 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal geen kwaad aanrig of verderf op my hele heilige berg nie, want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die see oordek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niks of niemand sal op my heilige berg verwoesting of kwaad aanrig nie. Soos die water die see vol maak, so sal die aarde vol wees van mense wat die Here ken. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. |
| Afrikaans 1983 | Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mense sal nie kwaad doen of hulle wangedra nie – nêrens op my hele heilige berg nie; want die land sal vol wees van die kennis van die Here, soos water die see bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Op my gewyde berg sal niemand verkeerd doen nie, niemand sal iets breek nie.” Die see is vol water, en so sal die land ook vol mense wees wat naby My wil wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In God se nuwe wêreld sal daar nie meer misdaad en korrupsie wees nie, want net so vol as wat die see met water is, so vol sal die aarde wees met kennis van die Here se wil. |