Isaiah 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die suigling sal in die gat van die adder speel, en die gespeende kind moet sy hand op die kuil lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Babas sal veilig tussen giftige slange speel. ’n Kindjie sal sy hand uitsteek na giftige slange en niks oorkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk. |
| Afrikaans 1983 | Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Suigeling sal speel by die gat van 'n horingslang, en 'n kleuter sal sy hand uitsteek na die nes van 'n kobra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Klein kindertjies sal by slange se gate speel en hulle sal aan die slange vat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Babas sal by die gate van giftige slange kan speel en al sou ’n klein kindjie uit nuuskierigheid sy hand in die gat steek waarin daar ’n giftige slang is, sal hy niks oorkom nie. |