Isaiah 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook sal die wolf by die lam woon, en die luiperd sal by die bokkie gaan lê; en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte diere saam; en 'n kindjie sal hulle lei.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die wolf die gas van die lam wees. Die luiperd en die bokkie sal langs mekaar lê. Kalwers en vetgemaakte beeste sal veilig by leeus wees, en ’n kindjie sal vir almal sorg.
Afrikaans 1933/1953 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja.
Afrikaans 1983 Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Wolf sal by 'n lam vertoef, en 'n luiperd sal by 'n boklam gaan lê, 'n kalf, 'n jong leeu en vetgemaakte vee bymekaar – 'n klein seuntjie sal hulle lei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die lam en die wolf sal saam woon. Die luiperd sal by die bokkie lê. Die leeu en die kalf en die bees sal saam wees, en 'n seuntjie sal vir hulle sorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal ’n wolf en ’n lammetjie saam bly; die luiperd sal tussen die boklammers lê en slaap. Kalwers en vetgevoerde beeste sal loop en wei terwyl die leeus tussen hulle rondloop, en klein kindertjies sal hulle oppas.