Isaiah 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar met geregtigheid sal Hy die armes oordeel en die sagmoediges van die aarde met billikheid bestraf; en Hy sal die aarde slaan met die staf van sy mond, en met die asem van sy lippe sal Hy die goddelose doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal die armes en verdruktes beskerm. Teen die bose mense sal hy optree en met die asem van sy mond hulle om die lewe bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel. Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel, met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal regverdig beslis oor die armes, en die magteloses van die land billik teregwys. Hy sal die land slaan met die stok van sy mond, en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die arm mense in die poort kom, dan sal die koning reg doen aan hulle. Hy sal reg doen aan die mense wat nie belangrik is nie. Hy sal regeer oor almal in die land, en wanneer mense verkeerd doen, dan sal hy sê hulle moet sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal die armes se hofsake regverdig behartig en die behoeftiges se regte beskerm. Maar teen die goddeloses sal hy genadeloos optree en hulle uitroei. |