Isaiah 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en hy sal hom 'n vinnige verstand maak in die vrees van die HERE; en hy sal nie oordeel na die aanskoue van sy oë nie, en nie teregwys na die aanhoor van sy ore nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal sy vreugde daarin vind om die Here te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; |
| Afrikaans 1983 | Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal genot put uit ontsag vir die Here. Hy sal nie 'n beslissing vel volgens wat sy oë sien nie, en nie teregwys volgens wat sy ore hoor nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal bly wees omdat hy die Here kan dien. Hy sal 'n regter wees wat dieselfde doen aan almal, hy sal nie luister na skinderstories nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal vir hom ’n vreugde wees om die Here te dien. Hy sal nie mense op hulle baadjie takseer of toelaat dat skinderpraatjies hom mislei as hy ’n besluit moet neem nie. |