Isaiah 11:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assirië; soos dit vir Israel was op die dag toe hy uit Egipteland opgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal ’n hoofpad maak vir die oorblyfsel wat nog in Assirië is, net soos vir Israel toe hulle uit Egipte teruggekom het.
Afrikaans 1933/1953 En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
Afrikaans 1983 Daar sal vir die oorblyfsel van sy volk wat in Assirië is, 'n grootpad wees soos daar was toe Israel uit Egipte getrek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar sal 'n grootpad uit Assirië wees vir die res van sy volk, dié wat oorgebly het, soos daar vir Israel was die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal 'n pad wees uit Assirië vir die Here se mense wat oorgebly het. Dit sal wees soos toe die Israeliete weggegaan het uit Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal vir die mense uit sy volk wat in Assirië oorgebly het, op hierdie manier ’n wye pad maak om mee terug te kom, net soos Hy vroeër met Israel gemaak het toe Hy hulle uit Egipte laat wegtrek het.