Isaiah 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal die tong van die Egiptiese see met die banvloek tref; en met sy geweldige wind sal hy sy hand oor die rivier skud en dit in die sewe strome slaan en mense met droë skoene laat trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal die Egiptiese see laat opdroog. Hy sal ’n skroeiende wind oor die Eufraat laat waai en ’n sterk wind stuur wat dit in sewe kanale sal verdeel waar ’n mens maklik kan deurloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal die Nyldelta laat opdroog. Hy sal 'n skroeiende wind teen die Eufraat stuur en net sewe kanale daarvan laat oorbly wat 'n mens met jou skoene aan kan deurloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal die tong van die Egiptiese See verdeel, sy hand oor die Rivier laat gaan met sy geweldige wind. Hy sal dit in sewe strome uitmekaar slaan; Hy sal mense met sandale daar laat deurloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die Here die punt van die see by Egipte droog laat word en Hy sal sy hand oor die Eufraat-rivier swaai en 'n stormwind stuur. Dan sal daar net sewe klein riviertjies oorbly, 'n mens sal deur hulle kan loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal die Nyldelta heeltemal laat opdroog en ’n droë, warm wind oor die Eufraatrivier laat waai om dit op te droog totdat daar net sewe waterstroompies oorbly waardeur enigeen sonder moeite sal kan stap. |