Isaiah 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle sal op die skouers van die Filistyne vlieg na die weste toe; hulle sal die van die Ooste saam plunder; hulle sal hulle hand op Edom en Moab lê; en die kinders van Ammon sal hulle gehoorsaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Saam sal hulle die Filistyne in die weste aanval. En saam sal hulle die nasies in die ooste aanval en hulle plunder. Hulle sal die lande van die Edomiete, Moabiete en Ammoniete verower.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.
Afrikaans 1983 Saam sal hulle in die weste die Filistyne aanval en saam sal hulle die mense in die ooste plunder. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete verslaan, en die Ammoniete sal aan hulle onderdanig wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na die westekant sal hulle neerswiep op die berghang van die Filistyne – saam beroof hulle mense uit die ooste. Op Edom en Moab sal hulle die hand lê, en die Ammoniete sal hulle onderdane word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal saam oorlog maak teen die Filistyne in die weste en hulle sal die mense in die ooste se goed vat. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete oorwin, en hulle sal oor die Ammoniete regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal saamspan en die Filistyne in die weste aanval en daarna die volke wat in die ooste woon se gebiede ook plunder. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete verslaan en die Ammoniete hulle onderdane maak.