Isaiah 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal 'n banier vir die nasies oprig en die verdryftes van Israel bymekaar laat kom en die verstrooides van Juda uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal ’n vlag tussen die nasies oprig en die ballinge van Israel sal van die uithoeke van die aarde daarheen kom.
Afrikaans 1933/1953 en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
Afrikaans 1983 Die Here sal 'n vaandel oprig onder die nasies en sal die ballinge van Israel bymekaarmaak, die verstrooides van Juda laat saamkom van die uithoeke van die aarde af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal 'n banier opsteek vir die nasies; Hy sal die verstrooides van Israel versamel, en dié van Juda wat uitmekaar gejaag is, byeenbring uit die vier uithoeke van die aarde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal 'n vlag ophou tussen die volke en Hy sal die mense van Israel en Juda bymekaarmaak. Die vyande het hulle weggevat en hulle oral op die aarde laat woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal vir die volke ’n teken gee om vir hulle te wys dat Hy die mense uit Israel en Juda wat oor die aarde verstrooi is, bymekaarmaak van die verste hoeke van die aarde af.