Isaiah 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag sal daar 'n wortel van Isai wees, wat as 'n vaandel van die volk sal staan; daarna sal die heidene soek, en sy rus sal heerlik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die erfgenaam van Dawid se troon ’n vlag opsteek wat vir die hele wêreld redding sal bring. Die nasies sal na hom toe kom, want die land waar hy bly, sal ’n heerlike plek wees.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.
Afrikaans 1983 In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai 'n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal die wortel van Isai as banier vir die volke bly staan – die nasies sal daarna vra, en sy rusplek sal luisterryk wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal die koning van die nageslag van Isai 'n teken wees vir die volke dat hulle moet kom. Hulle sal vir die koning vra wat hulle moet doen, en sy woonplek sal baie mooi wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal die nuwe koning uit die geslag van Dawid ’n teken wees vir al die nasies. Hy sal aansien onder die nasies hê en hulle sal met respek van hom praat.