Isaiah 11:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar sal 'n staf uitkom uit die stam van Isai, en 'n loot sal uit sy wortels uitspruit; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die stomp van Dawid se familie sal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra; |
| Afrikaans 1983 | 'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar 'n takkie sal spruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Min mense het oorgebly van die nageslag van Isai. Hulle is soos 'n boom se stam wat oorgebly het in die grond wanneer iemand die boom afgekap het. Maar uit daardie boomstam sal 'n takkie groei en dit sal vrugte dra. 'n Kind sal gebore word en hy sal koning word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten spyte daarvan dat die nageslag van Dawid getref word soos ’n boom wat afgekap word, sal daar tog weer uit die stomp van Isai wat oorbly, ’n takkie begin groei. Uit die ou wortel wat nog in die grond was, sal ’n nuwe tak uitkom wat sal vrugte dra. |