Isaiah 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy bedoel dit nie, en sy hart dink nie so nie; maar dit is in sy hart om nie 'n paar nasies te vernietig en uit te roei nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die koning van Assirië sal nie weet dat Ek hom stuur nie. Hy sal dink dat hy die mense aanval as deel van sy plan om die hele wêreld te verower.”
Afrikaans 1933/1953 Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.
Afrikaans 1983 Maar dit is nie wat Assirië in gedagte het nie, ook nie wat hy beplan nie. Sý bedoeling is om te vernietig, om baie nasies uit te roei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy het dit nie so bedink nie, sy hart het dit nie so beplan nie; want sy voorneme was om uit te delg, om tallose nasies uit te roei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dit is nie genoeg vir die Assiriërs nie, hulle wil mense doodmaak, hulle wil baie volke doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die koning van Assirië het sy eie idees hieroor. Sy plan is om verwoesting te saai en baie nasies in die proses uit te roei.