Isaiah 10:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal hom stuur teen 'n skynheilige nasie, en teen die volk van my toorn sal Ek hom 'n bevel gee om die buit te neem en die prooi te neem en hulle te vertrap soos die modder van die strate. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek stuur Assirië teen hierdie goddelose klomp mense. Hy sal hulle namens My straf. Hy sal hulle kom plunder, hulle soos modder onder sy voete vertrap. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal hom stuur teen 'n roekelose nasie, en Ek sal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot 'n vertrapping te maak soos modder van die strate. |
| Afrikaans 1983 | Ek stuur hom teen die godlose nasie, Ek beveel hom om op te trek teen die volk vir wie Ek kwaad is, om hulle te beroof en te plunder, om hulle te vertrap soos modder in die strate. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen 'n nasie, vervreem van God, stuur Ek hom; teen die volk op wie my gramskap rus, gee Ek hom volmag, om oorlogsbuit te roof en buit te maak, om van hulle 'n vertrapte ding, soos die kleigrond van strate, te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek stuur die Assiriërs na hierdie slegte volk toe, na die mense vir wie Ek kwaad is. Die Assiriërs moet my volk se goed vat en op hulle trap soos 'n mens trap op modder in die strate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het Assirië na my goddelose volk toe gestuur omdat Ek vir hulle kwaad was, met die opdrag om hulle te beroof en die mense soos modder in die strate te vertrap. |