Isaiah 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sonder My sal hulle neerbuig onder die gevangenes, en hulle sal val onder die gesneuweldes. Oor dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal Ek julle nie help nie! Julle sal soos gevangenes struikel, of tussen die dooies lê. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek. |
| Afrikaans 1983 | Al wat vir julle sal oorbly, is om te buig soos 'n gevangene of om te sterf. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niks daarvan nie! Hulle sal tussen gevangenes die rug buig, en tussen gesneuweldes val. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal julle vang en julle sal voor hulle moet buig, of julle sal sterf in die oorlog. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van twee dinge gaan met julle gebeur: julle sal óf tussen die krygsgevangenes voortstrompel óf tussen die lyke op die grond bly lê. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf. |