Isaiah 10:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die HERE, die HERE van die leërskare, sal die tak met skrik afbreek, en die hoës van gestalte sal afgekap word, en die hoogmoediges sal verneder word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar kyk! Die Here, die Almagtige, sal elke groot boom afkap! Hy vernietig die hele leër van Assirië, saam met sy offisiere en bevelvoerders. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi; |
| Afrikaans 1983 | Maar dan sal die Here ons God, die Almagtige, die takke van die bos, Assirië, met geweld afkap. Die hoë bome sal afgekap word, die grotes sal val. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die Heer, die Here, Heerser oor alle magte, gaan met skrikwekkende krag die blaredak wegkap; dié wat hoog uitgegroei het, word afgekap, die hoës sink neer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here, die Here wat oor alles regeer, sal die takke afkap. Hy is sterk, Hy sal die groot, hoë bome afkap, dit is die mense wat dink hulle is belangrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit is die Here, die almagtige God, wat Jerusalem sal laat omval soos ’n boom waarvan die takke met kragtige houe afgekap word. Hy sal die hoë bome afkap en hulle in die stof laat lê. |