Isaiah 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat sal julle doen in die dag van besoeking en in die verwoesting wat van ver af sal kom? na wie toe sal julle vlug vir hulp? en waar sal julle julle heerlikheid laat? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat gaan julle doen die dag as Ek verwoesting uit ’n ver land na julle toe stuur? Na wie toe sal julle dan draai vir hulp? Waar sal julle skatte veilig wees? |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre? |
| Afrikaans 1983 | Wat gaan julle doen op die dag van afrekening wanneer die straf wat nou nog ver is, julle tref? Na wie toe sal julle hardloop om hulp, en waar sal julle julle besittings wegsteek? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat gaan julle doen op die dag van afrekening, tydens die storm wat uit die verte aankom? Na wie sal julle vlug vir hulp, en waar gaan julle julle rykdom agterlaat? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat sal julle doen wanneer die Here julle straf en dit sleg laat gaan met julle? Na wie toe sal julle hardloop om julle te help? Waar sal julle al julle goed wegsteek? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat gaan julle doen die dag wanneer die Here ’n volk van ver af stuur om julle te kom straf? Na wie toe sal julle dan hardloop om julle te help, en waar gaan julle al julle rykdom wegsteek? |