Isaiah 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het na Ajat gekom, hy het oorgegaan na Migron; by Migmas het hy sy waens neergesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk, die magtige leërs van Assirië kom! Hulle is nou by Aja, dan by Migron. Hulle bêre hulle voorrade by Mikmas.
Afrikaans 1933/1953 Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.
Afrikaans 1983 Die Assiriërs oorval Aja; hulle trek deur Migron; in Mikmas bêre hulle hulle voorrade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het teen Aja opgetrek, hy het by Migron verbygegaan; by Migmas het hy sy toerusting geberg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Assiriërs kom om oorlog te maak. Hulle kom by die stad Aja, hulle gaan by Migron verby, hulle bêre hulle goed in Mikmas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk, hier kom die Assiriese leër aan! Hulle oorval Aja en Migron en bêre hulle voorrade in Mikmas.