Isaiah 10:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur in dié dag dat sy las van jou skouer af weggeneem sal word en sy juk van jou nek af, en die juk sal vernietig word weens die salwing.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie dag sal die Here die gevangenskap van sy volk beëindig. Hy sal die juk van slawerny van hulle skouers aftel en dit stukkend breek.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.
Afrikaans 1983 In dié tyd sal Hy die las verwyder wat hulle op julle skouers gelê het, en ook hulle juk van julle nek af; die juk sal heeltemal van julle af afgeruk word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal Assirië se las van jou skouer val, sy juk van jou nek, ook die strop van die juk voor die skof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek dit gedoen het, dan sal die Assiriërs julle nie meer laat swaarkry nie. Ek sal hulle juk wegvat van julle nek, dan sal julle nie meer hulle slawe wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie dag sal Ek julle uit die mag van Assirië bevry en die juk van slawerny wat so swaar op julle skouers druk heeltemal wegvat.