Isaiah 10:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE van die leërskare sal vir hom 'n gésel aansteek soos die Mídian verslaan is by die rots Oreb; en soos sy staf op die see was, so sal Hy dit ophef volgens die gebruik van Egipte.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sal hulle met sy sweep slaan, soos Hy gedoen het toe Gideon die Midianiete by die Orebrots verslaan het, of toe die Here sy kierie opgelig het en die Egiptiese leër laat verdrink het.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE van die leërskare sal oor hom die g,sel swaai soos M¡dian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige sal hulle met 'n sweep slaan, soos vir Midian by die Orebrots; Hy sal sy stok oor die water uitsteek en die Assiriërs tref soos Hy met die Egiptenaars gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, sal 'n sweep oor hom swaai soos met die aanval op Midian by die rots van Oreb. Sy staf sal oor die see wees; Hy sal dit ophef op dieselfde manier as in Egipte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, die Here wat oor alles regeer, sal hulle slaan met 'n sweep soos Ek die Midianiete by die Oreb-rots geslaan het. Ek sal my kierie oor die water uitsteek soos toe Ek die Egiptenaars laat sterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek, die Here die Almagtige, sal hulle met ’n sweep slaan, soos toe Gideon die Midianiete by die rots van Oreb verslaan het. Ek sal hulle vernietig soos toe Ek die Egiptenaars in die see laat verdrink het toe Moses sy kierie uitgesteek het.