Isaiah 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want nog 'n baie kort tydjie, en die grimmigheid sal ophou, en my toorn in hulle vernietiging. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal nie lank aanhou nie. Binnekort sal my woede teen julle ophou, en dan sal my woede hulle vernietig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want nog 'n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om hulle te vernietig. |
| Afrikaans 1983 | My toorn teen julle sal nog net 'n kort rukkie duur, dan sal dit die Assiriërs uitroei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, nog net 'n rukkie, dan sal die vervloeking tot 'n einde kom, en my toorn sal gerig wees op hulle uitwissing.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar dit sal nie lank aanhou nie. Dan sal Ek nie meer kwaad wees vir julle nie. Ek sal kwaad wees vir die Assiriërs en Ek sal hulle almal doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit sal nie te lank aanhou nie, en dan sal Ek al my woede op hulle uithaal en hulle vernietig. |