Isaiah 10:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al was u volk Israel soos die sand van die see, tog sal 'n oorblyfsel van hulle terugkeer;
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al is die volk van Israel so baie soos die sand op die strand, sal slegs ’n klein groepie daardie tyd terugkom. Die Here het besluit om sy volk te vernietig en sy besluit is regverdig.
Afrikaans 1933/1953 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
Afrikaans 1983 Al sou jou mense, Israel, so baie wees soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel sal na die land toe terugkom. Maar die verdelging staan vas, die vergelding kom aan soos 'n vloed:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, al was jou volk, Israel, soos die sand van die see, net 'n oorblyfsel daarvan sal terugkeer. Vernietiging is bepaal, in geregtigheid stroom dit –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Israeliete, julle was so baie soos die sand by die see, maar min van julle sal oorbly en terugkom. Die Here het besluit baie van julle moet sterf, julle straf kom soos 'n watervloed wat oor alles stroom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Alhoewel die bevolking van Israel nou so baie is soos die sand van die see, sal net ’n klein groepie van hulle oorbly en terugkom na hulle land toe. Die Here het klaar besluit om hulle te vernietig en dit is hulle verdiende loon.