Isaiah 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om die behoeftiges van die reg af te keer en die reg van die armes van my volk weg te neem, sodat weduwees hulle prooi kan word en die wees kan beroof!
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle ontneem die armes en verdruktes van regverdige regspraak. Ja, hulle besteel weduwees en weeskinders.
Afrikaans 1933/1953 om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.
Afrikaans 1983 julle verdraai die reg van die armes, julle ontsê die armes van my volk hulle regte, julle buit weduwees uit, julle plunder weeskinders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om die regte van armes te dwarsboom, om die magteloses van my volk van hulle reg te ontneem, sodat weduwees hulle buit kan word, en hulle die vaderloses kan beroof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle doen nie reg aan die arm mense nie, julle doen nie reg aan die mense wat hulleself nie kan help nie, julle vat die weduwees en die weeskinders se goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle ontsê die armes en die weduwees en die weeskinders hulle regte en steel op hierdie oneerlike manier hulle laaste besittings.