Isaiah 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en sal die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteland verteer, siel sowel as liggaam, en hulle sal wees soos wanneer 'n vaandeldraer beswyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Assirië se groot leër is soos ’n groot woud en vrugbare landerye, maar dit sal vernietig word. Die Here sal Assirië se soldate volledig verwoes, en hulle sal wegkwyn soos siek mense in ’n plaag.
Afrikaans 1933/1953 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn.
Afrikaans 1983 en ook hulle aansienlikes, die vrugteboorde en die vrugbare velde. Dit sal hulle volkome vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal die geëerdes van sy bos en wingerd vernietig – siel sowel as liggaam. Dit sal wees soos 'n invalide wat wegkwyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal ook die mooi bosse en bome verbrand. Dit is al die Assiriërs, almal wat asemhaal en lewe. Hulle sal verdwyn soos iets wat niks beteken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook Assirië se magtige leër, wat soos ’n magtige bos is wat op vrugbare grond geplant is, sal vernietig word. Die Here sal hulle laat agteruitgaan soos iemand wat deur ’n ongeneeslike siekte aangetas is.