Isaiah 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die lig van Israel sal 'n vuur wees en sy Heilige 'n vlam; en dit sal op een dag brand en sy dorings en distels verteer; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Lig van Israel en die Heilige Een, sal die vuur wees wat hulle vernietig. In een nag sal Hy daardie dorings en dissels verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteer op een dag. |
| Afrikaans 1983 | Die Lig van Israel sal die vuur wees, die Heilige van Israel die vlam: in 'n enkele oomblik sal die vlam hulle geringes, die dorings en dissels, verbrand en verteer, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Lig van Israel sal 'n vuur word, en sy Heilige 'n vlam. Die vlam sal brand en hulle onkruid en doringstruike op een dag verteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Lig van Israel, die Heilige God van Israel, sal 'n vuur word wat op een dag die dorings en bossies sal verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God, die Lig van Israel, sal die vuur wees, die heilige God van Israel is die vlam wat hulle onbelangrike mense, die dorings en die onkruid, in ’n oogwink tot as verbrand. |