Isaiah 10:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal die HERE, die HERE van die leërskare, maer onder sy vettes stuur; en onder sy heerlikheid sal hy 'n brand aansteek soos die brand van 'n vuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister mooi, koning van Assirië! Omdat jy aanhou grootpraat, gaan die Here, die Almagtige, ’n plaag onder jou trotse soldate stuur. ’n Vuur sal jou heerlikheid aan die brand steek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal die Here HERE van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal die Here ons God, die Almagtige, die vernames van Assirië laat krepeer van ellende en sy besittings laat verteer deur 'n vuur wat aanhou brand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom sal die Heer, die Here, Heerser oor alle magte, onder Assirië se vet mense 'n uitterende siekte instuur, en onder sy geëerdes sal 'n brand uitbreek wat soos 'n egte vuur sal brand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal die Here die Assiriërs straf. Die Here wat oor alles regeer, sal die vet Assiriërs maer laat word en Hy sal al hulle mooi goed verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom gaan die Here die Almagtige die verwaande mense van Assirië laat krepeer van ellende en al die koning se skatte wat hy bymekaargemaak het, vernietig met ’n onblusbare vuur. |