Isaiah 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal die byl hom roem teen hom wat daarmee kap? Of sal die saag hom groot maak teen hom wat dit skud? asof die staf homself bewe teen die wat dit ophef, of asof die staf homself ophef asof dit geen hout is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kan die byl grootpraat dat hy sterker is as die een wat hom gebruik? Of is ’n saag groter as die een wat saag? Kan ’n sweep slaan sonder dat ’n hand dit beweeg? Kan ’n kierie op sy eie loop? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf hulle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hom ophef wat nie hout is nie! |
| Afrikaans 1983 | Kan 'n byl grootpraat teen die een wat met hom kap? Of kan 'n saag hom groot hou teen die een wat met hom saag? Kan 'n stok die een swaai wat hom optel, kan 'n lat die een oplig wat hom gebruik? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kan 'n byl spog teen die een wat met hom kap; of kan 'n saag hom groot hou teen die een wat met hom saag, asof 'n stok die een swaai wat hom optel, of 'n staf die een optel wat nie hout is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Byl kan nie spog teen die man wat met die byl kap nie, 'n saag kan hom nie verbeel hy is beter as die man wat met hom saag nie, 'n kierie kan nie die man swaai wat die kierie optel nie, 'n stok kan nie die man optel wat die stok vashou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here vra egter: Kan ’n byl hom ooit verbeel dat hy belangriker is as die een wat met hom kap? Of kan ’n saag dink hy kan iets afsaag sonder die mens wat hom gebruik? Dis tog nie die lat wat die persoon wat dit opgetel het, rondswaai nie? Kan ’n kierie dalk op sy eie opstaan en loop? |