Isaiah 10:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En my hand het soos 'n nes die rykdom van die volk gevind, en soos 'n mens eiers bymekaarmaak wat oorgebly het, het Ek die hele aarde bymekaargemaak; en daar was niemand wat die vlerk beweeg of die mond oopgemaak of geloer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat ek groot is, het ek hulle rykdomme geplunder soos eiers in ’n nes geplunder word. Ek het koninkryke bymekaargemaak soos ’n boer eiers bymekaarmaak. Niemand kan ’n vlerk teen my oplig of sy mond oopmaak om te probeer protesteer nie!”
Afrikaans 1933/1953 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na 'n voëlnes, en,k het die hele aarde bymekaargeskraap soos 'n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat 'n vlerk verroer of 'n bek oopgemaak of gepiep het nie.
Afrikaans 1983 Asof ek my hand in 'n nes steek, het ek die rykdomme van volke gevat; soos iemand eiers wat rondlê, bymekaarmaak, so het ek al die lande van die aarde onder my verenig. Nie een het 'n vlerk geklap of sy bek oopgemaak en geskree nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Asof dit 'n voëlnes is, het my hand die rykdom van die volke bekom; soos mens eiers insamel wat in 'n nes agtergelaat is, het ek die hele aarde ingesamel. Daar was nie 'n vlerk wat geklap het, 'n bek wat oopgegaan of getjirp het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het alles vir myself gevat wat aan die ander volke behoort, en al hulle lande het my lande geword. Dit was soos wanneer iemand eiers uit 'n nes vat maar die voël klap nie sy vlerke nie, en hy maak nie sy bek oop en skree nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koninkryke van die wêreld was vir my soos ’n voëlnessie, ek het hulle rykdom so maklik by hulle afgevat as wat ’n mens eiers uit ’n nes uithaal. Soos ’n verskrikte voël het nie een van hierdie lande ’n vlerk geklap om my te probeer afskrik nie.”