Isaiah 10:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy sê: Deur die sterkte van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid; want Ek is verstandig, en Ek het die grense van die volk verwyder en hulle skatte beroof, en Ek het die inwoners vernietig soos 'n dapper man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy spog: “Deur my eie krag en slimmigheid het ek hierdie oorloë gewen. Deur my eie krag het ek baie lande gevange geneem, hulle konings doodgemaak en hulle skatte weggedra. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos 'n maghebber neergewerp. |
| Afrikaans 1983 | want die koning van Assirië het gesê: “Ek het dit met my eie mag gedoen, met my eie insig en verstand. Ek het die grenslyne van volke verskuif en hulle voorrade geplunder; ek het hulle inwoners met my mag onderwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat hy gesê het: “Met die krag van my hand het ek opgetree, en in my wysheid – ja, ek het insig. Ek verwyder die grense van volke, hulle voorraadkamers plunder ek, en, as die sterke, slaan ek wie op trone sit, neer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die koning van Assirië het gesê: “Ek is sterk en ek is slim, ek het ander mense se lande en goed gevat. Daardie mense is nou my slawe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want hy spog mos: “Ek het dit alles op my eie gedoen. Ek is sterk en slim en wêreldwys. Ek het volk na volk platgeloop, hulle voorrade geplunder en hulle mense soos ’n verwoede bul voor my weggestamp en platgetrap. |