Isaiah 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal dit gebeur dat wanneer die HERE sy hele werk op die berg Sion en op Jerusalem gedoen het, Ek besoeking sal doen oor die vrug van die sterk hart van die koning van Assirië en die heerlikheid van sy hoë aansien.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Here die koning van Assirië gebruik het om sy doel in Jerusalem te bereik, sal Hy teen die koning van Assirië draai en hom straf, want hy is trots en arrogant.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.
Afrikaans 1983 Maar wanneer die Here alles wat Hy op Sionsberg en in Jerusalem wil doen, afgehandel het, sal Hy die koning van Assirië straf oor sy trots en selfversekerdheid,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dan, wanneer my Heer al sy werk op die berg Sion en in Jerusalem voltooi het, sal Hy afreken met die vrug van die grootheidswaan van die koning van Assirië en met die verwaande blik in sy oë,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal die werk klaarmaak wat Hy wil doen op Sionsberg en in Jerusalem, en dan sal Hy die koning van Assirië straf, die koning wat so hoogmoedig is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat die koning van Assirië nie besef nie, is dat nadat die Here hom gebruik het om sy doel met Sion en Jerusalem te bereik, Hy teen hom gaan draai en hom gaan straf omdat hy so vol is van homself.