Isaiah 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal Ek nie, soos Ek aan Samaria en haar drekgode gedoen het, so met Jerusalem en sy drekgode doen nie?
Afrikaans (NLV) 2011 As ons Samaria en haar gode vernietig het, sal ons Jerusalem ook verwoes!”
Afrikaans 1933/1953 sou ek nie, soos ek aan Samar¡a en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en sy afgode kan doen nie?
Afrikaans 1983 Sal ek nie met Jerusalem en sy gode kan doen wat ek met Samaria en syne gedoen het nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal ek dan nie met Jerusalem en haar afgode maak net soos ek met Samaria en haar nuttelose afgode gemaak het nie?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal met Jerusalem en die beelde van sy afgode doen soos ek gedoen het met Samaria en sy afgode.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het klaar met Samaria en sy gode afgereken, nou is dit Jerusalem en sy gode se beurt!”