Isaiah 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat onregverdige verordeninge bepaal en wat die swaarkry skrywe wat hulle voorgeskryf het;
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag vir die onregverdige regters, vir hulle wat onregverdige wette uitvaardig.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,
Afrikaans 1983 Ellende wag vir julle wat kwaad bevorder met die wette wat julle maak, wat met julle ordonnansies mense laat ly:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat vaste voorskrifte van onreg uitvaardig, skrywers wat voortdurend iets neerskryf wat moeite besorg –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met julle wat verkeerde wette maak, wette wat party mense verkeerd laat doen en ander mense swaar laat kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ongeluk gaan julle tref, julle wat al hierdie onregverdige wette en nuwe regulasies maak om my mense te laat swaarkry.