Isaiah 1:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sterkes sal wees soos tou en die maker daarvan soos 'n vonk, en hulle sal altwee saam brand, en niemand sal hulle uitblus nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sterkste onder julle sal wees soos brandende strooi. Julle bose dade is die vonk wat strooi laat brand, ’n vuur wat niemand kan blus nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die sterke word tot vlas en sy werk tot 'n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus. |
| Afrikaans 1983 | Die sterke word 'n stuk lap en sy werk is die vonk: die twee sal saam brand sonder dat iemand die vuur blus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die sterke sal vlasvesel word, en sy dade 'n vonk. Beide sal saam verbrand, terwyl niemand dit kan blus nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sterkste leier sal soos 'n stukkie tou word wat brand, en sy afgode sal die vuur wees wat hulle sal laat brand. Dan sal hulle saam brand, en niemand sal die vuur doodmaak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sterkste onder julle sal soos ’n hoop droë strooi wees. Die vonk wat hierdie strooi aan die brand steek en laat uitbrand, is niks anders as julle eie dade nie. Daar sal niemand wees wat hierdie vuur kan blus nie. |