Isaiah 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Was jou, maak jou rein; verwyder die boosheid van jou handelinge voor my oë; hou op om kwaad te doen; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Was julleself en word skoon! Moenie dat Ek verder sien hoe boos julle optree nie. Sien af van julle weë. |
| Afrikaans 1933/1953 | Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, |
| Afrikaans 1983 | Was julle, reinig julle. Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie. Hou op met kwaad doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Was julle! Reinig julle! Verwyder julle bose dade voor my oë! Hou op om kwaad te doen! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet julle was en julle skoonmaak, dit is wat julle moet doen. Julle moenie aanhou om slegte dinge te doen nie, julle moet ophou om verkeerd te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan kry eers julle lewens reg. Hou op om al hierdie verkeerde goed te doen. Los die slegte goed waarmee julle besig is! |