Hosea 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wag van Efraim was by my God, maar die profeet is 'n strik van 'n voëlvanger in al sy weë, en haat in die huis van sy God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My God het die profeet as wagter oor Efraim gestuur, maar oral waar hy gaan, stel hulle valstrikke voor hom. Selfs in die huis van sy God is daar vyandigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Efraim is 'n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van 'n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God. |
| Afrikaans 1983 | Die profeet is deur God gestuur om oor Efraim wag te hou, maar oral waar die profeet gaan, probeer hulle hom vastrek. Die vyandigheid hou nie eens in die huis van sy God op nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Profeet is die een wat saam met my God waak oor Efraim; maar die net van die voëlvanger is op al sy paaie; daar is vyandigheid in die huis van sy God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het die profeet gestuur, en die profeet moet die mense van Efraim oppas. Maar hulle wil die profeet vang soos 'n mens 'n voël vang. Hulle wil hom aanval, ook in die tempel van sy God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se boodskapper moet kyk wat Efraim doen. Waar die boodskapper ook al gaan, kyk hulle heeltyd of hy nie miskien iets verkeerds doen nie. Selfs waar daar vir die Here geoffer word, hou hulle aan om hom soos ’n vyand te behandel. |