Hosea 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle mag geen wynoffers aan die HERE bring nie, en hulle sal Hom nie behaag nie; hulle slagoffers sal vir hulle wees soos roubrood; almal wat daarvan eet, sal verontreinig word, want hulle brood sal vir hulle siel nie in die huis van die HERE kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal julle nie wyn as ’n offer vir die Here uitgiet nie en niks van julle offers sal Hom aanstaan nie. Sulke offers sal net so onrein wees soos kos uit ’n huis waar daar gerou word: elkeen wat dit eet, sal ook onrein wees. Julle mag dit self eet, maar dit mag nie in die huis van die Here gebring word nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
Afrikaans 1983 Hulle sal nie wyn uitgiet as drankoffers vir die Here nie, hulle sal geen offers aan Hom bring nie. Hulle kos sal so onrein wees soos kos uit 'n sterfhuis. Almal wat dit eet, sal onrein word, want hulle sal dit moet eet sonder dat dit in die huis van die Here gewy is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal nie vir die Here wyn uitgiet nie, en hulle sal nie vir Hom hulle offers aanbied nie. Soos kos van mense wat rou, sal dit vir hulle wees – almal wat daarvan eet, sal hulleself verontreinig. Ja, hulle kos sal net vir hulle eie kele wees, dit sal nie in die huis van die Here kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal hulle nie vir die Here wyn kan offer nie. Die Here sal nie hou van hulle offers nie. Die kos wat hulle eet, sal hulle onrein maak. Dit sal wees soos die kos wat mense eet wanneer hulle rou oor iemand wat dood is. Dit is kos wat onrein is, en wat hulle nie in die tempel van die Here mag bring nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle daar is, sal hulle nie meer vir die Here offers van wyn kan bring nie. Die Here sal nie tevrede wees met die offers wat hulle daar vir Hom bring nie. Die kos wat hulle daar eet, sal wees soos kos wat vir ’n begrafnis gemaak is. Elkeen wat van daardie kos eet, sal nie langer vir die Here aanvaarbaar wees nie. Die kos wat hulle daar eet, sal hulle net help om aan die lewe te bly. Dit sal nie kos wees waarmee jy na die Here toe kan gaan om dit vir Hom te offer nie.