Hosea 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle mag nie in die land van die HERE woon nie; maar Efraim sal na Egipte terugkeer, en hulle sal onrein dinge eet in Assirië. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle mag nie langer in hierdie land van die Here bly woon nie. Israel sal weggeneem word na Egipte toe en in Assirië sal julle leef van kos wat seremonieel onrein is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is. |
| Afrikaans 1983 | Julle sal nie in die land van die Here bly nie, Efraim sal na Egipte toe teruggaan, en in Assirië sal hulle onrein kos moet eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal nie in die land van die Here bly nie, maar Efraim sal na Egipte terugkeer en in Assirië sal hulle •onrein kos eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal nie altyd woon in die land van die Here nie. Die mense van Efraim sal teruggaan na Egipte en hulle sal onrein kos eet in Assirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle kan nie langer in die Here se land bly nie. Efraim sal moet teruggaan Egipte toe. In Assirië sal hulle kos moet eet wat nie vir die Here reg is nie. |