Hosea 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al hulle boosheid is in Gilgal, want daar het Ek hulle gehaat; oor die boosheid van hulle handelinge sal Ek hulle uit my huis verdryf, Ek sal hulle nie meer liefhê nie: al hulle vorste is oproeriges.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Al hulle boosheid het by Gilgal begin. Daar het Ek hulle begin haat oor hulle bose dade. Ek sal hulle uit my huis verdryf. Ek sal hulle nie meer liefhê nie, want al hulle leiers is in opstand teen My.
Afrikaans 1933/1953 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.
Afrikaans 1983 Al hulle boosheid het by Gilgal begin. Ja, daar het Ek hulle al gehaat oor hulle goddelose dade. Ek sal hulle uit my huis wegjaag, Ek sal hulle nie meer liefhê nie. Al hulle leiers is in opstand teen My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Al hulle boosheid het in Gilgal begin, ja, daar het Ek 'n weersin in hulle gekry. Oor die boosheid van hulle dade gaan Ek hulle uit my huis verdryf; Ek sal hulle nie verder liefhê nie. Al hulle leiers is opstandig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Die mense van Israel het by die stad Gilgal begin om sonde te doen. Ek het hulle daardie tyd begin haat omdat hulle verkeerd gedoen het. Ek sal hulle nou wegjaag uit my tempel, want Ek wil nie meer lief wees vir hulle nie. Hulle amptenare wil nie luister na My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Al hulle verkeerde dinge het by Gilgal begin. Ek het daar al gesien dat Ek nie van hulle hou nie. Ek gaan hulle uit my land wegjaag omdat hulle sulke verkeerde dinge doen. Ek het hulle nie meer lief nie. Al hulle leiers is mense wat net hulle eie kop wil volg.