Hosea 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Efraim, soos ek Tirus gesien het, is geplant in 'n lieflike plek, maar Efraim sal sy kinders na die moordenaar uitbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel was vir My soos Tirus, geplant in ’n weiland. Maar nou sal Israel hulle kinders uitbring om doodgemaak te word.”
Afrikaans 1933/1953 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in 'n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.
Afrikaans 1983 Efraim was vir My soos 'n jong palmboom wat in vrugbare grond groei. Maar dieselfde Efraim sal sy kinders moet uitlewer aan die moordenaar!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Efraim, ek het hom gesien as 'n jong palm geplant in 'n weiveld. Maar Efraim sal sy kinders moet uitlewer aan 'n moordenaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Efraim was vir My soos jong palmbome in goeie grond, maar nou moet die mense van Efraim hulle kinders bring sodat iemand hulle kan doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Efraim het vroeër vir My gelyk soos ’n jong plantjie wat baie groot gaan word as jy dit in vrugbare grond plant. Nou moet Efraim soos ’n plant afgesny word. Hy moet sy kinders wegstuur om doodgemaak te word.”