Hosea 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al sou hulle hul kinders grootmaak, tog sal Ek hulle beroof, sodat daar geen man sal oorbly nie; ja, wee hulle ook wanneer Ek van hulle af weggaan!
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs as julle kinders tog bly lewe en grootword, sal Ek hulle van julle wegneem sonder dat een oorbly. Ellende wag vir hulle wanneer Ek wegdraai en hulle alleen agterlaat!
Afrikaans 1933/1953 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.
Afrikaans 1983 En as hulle die kinders wat hulle reeds het, probeer grootmaak, sal Ek hulle heeltemal kinderloos maak, daar sal geen kind oorbly nie. Daar wag vir hulle ook ellende wanneer Ek hulle verlaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs as hulle hulle kinders grootmaak, sal Ek hulle kinderloos maak; geen mens sal oorbly nie. Ja, wee hulle ook as Ek My aan hulle onttrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer hulle probeer om die kinders wat hulle het, groot te maak, dan sal Ek die kinders doodmaak. Daar sal niemand oorbly nie. Dit sal sleg gaan met hulle wanneer Ek hulle los en weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs die kinders wat hulle het om groot te maak sal doodgaan. Hulle sal glad geen kinders meer oorhê nie. Daar gaan groot teëspoed oor hulle kom as Ek die dag besluit om niks meer met hulle te doen te hê nie.