Hosea 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat Efraim betref, hulle heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël, van die geboorte af en uit die moederskoot en van die bevrugting af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n voël wegvlieg, so sal die aansien van Israel verdwyn: daar sal geen kinders, geen swangerskap en geen bevrugting wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Efraim -- sy heerlikheid sal wegvlieg soos 'n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie! |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n voël wegvlieg, so sal Efraim se mag verdwyn: daar sal geen geboortes, geen swangerskappe en geen bevrugtings meer wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Efraim, soos 'n voël sal hulle aansien wegvlieg – daar sal geen geboorte, geen swangerskap en geen bevrugting wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Alles sal verdwyn waarop die mense van Efraim trots was. Dit sal wees soos wanneer 'n duif wegvlieg en nie terugkom nie. Die mense van Efraim sal nie meer kinders kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die respek wat ander mense vir Efraim gehad het, sal verdwyn. Dit sal wees soos ’n voël wat wegvlieg. Sy vroue sal nie meer kinders hê nie. Hulle sal nie weer babas verwag nie. Hulle sal dit selfs nie eens regkry om weer te verwag nie. |