Hosea 9:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien as die eerste ryp aan die vyeboom in haar eerste keer; maar hulle het na Baäl-Peor gegaan en hulle tot skande afgesonder; en hulle gruwels was soos hulle liefgehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Israel, toe Ek jou die eerste keer teëgekom het,” sê die Here, “was dit soos om druiwe in die woestyn te kry. Toe Ek jou voorgeslagte gesien het, was dit soos om die eerste ryp vye van die seisoen te sien. Maar toe hulle by Baäl-Peor kom, het hulle My verlaat en hulle aan daardie skandelike afgod verbind. Hulle het gou net so veragtelik geword soos die afgod wat hulle gedien het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar hulle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en 'n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde. |
| Afrikaans 1983 | Israel was vir My soos druiwe waarop 'n mens in die woestyn afkom. Ek het in julle voorouers die belofte gesien wat die heel eerste vrug aan 'n jong vyeboom inhou. Maar hulle het na Baäl-Peor toe gegaan en hulle verbind aan 'n god wat vir hulle in die steek laat, en hulle het net so afstootlik geword soos die ding wat deur hulle vereer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Soos druiwe in die woestyn het Ek Israel gevind. Soos die voorvye aan 'n vyeboom in sy eerste drag het Ek julle voorouers gesien. Maar hulle het by Baäl-Peor aangekom, hulleself aan die skandelike afgod gewy, en net so walglik geword soos dit waarvoor hulle lief is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Ek was bly oor die mense van Israel, so bly soos oor druiwe wat 'n mens in die woestyn kry, so bly soos oor die eerste vye aan 'n jong vyeboom. Maar hulle voorvaders het die skande-afgod gaan dien by die stad Baäl-Peor, en hulle het net so stink en sleg geword soos die afgod. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe Ek destyds op Israel afgekom het, was Ek so opgewonde soos iemand wat in die woestyn loop en skielik op druiwe afkom. Toe Ek julle voorouers ontmoet het, was dit soos iemand wat na ’n vyeboom gaan en die eerste vroeë vye aan die boom kry. Maar by Baäl-Peor het hulle vir Baäl gekies. Hulle het toe vir My net so afstootlik geword soos hierdie afgod vir wie hulle so lief is. |