Hosea 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het opgetrek na Assirië, 'n wilde-esel alleen; Efraim het minnaars gehuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel het na Assirië toe gegaan net soos ’n eensame wildedonkie wat na ’n maat soek, en het vir homself minnaars gaan koop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het opgetrek na Assur -- 'n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! -- hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf. |
| Afrikaans 1983 | En tog het die leiers by Assirië gaan hulp soek. Efraim is soos 'n eensame wildedonkie; hy het vir homself vriende gaan soek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want hulle het opgetrek na Assirië. Efraim is 'n eensame wildedonkie: Hulle het ywerig vriende gewerf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want hulle het na Assirië gegaan en vriende gesoek. Die mense van Efraim is soos wildedonkies wat alleen rondloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Efraim is soos ’n wildedonkie wat alleen in die veld ronddwaal. Hy soek na maats. Hy gaan na Assirië toe om iemand te kry wat saam met hom kan bly. |