Hosea 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit was ook uit Israel: die werker het dit gemaak; daarom is dit nie God nie, maar die kalf van Samaría sal verpletter word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle kalf kom uit Israel — ’n ambagsman het dit gemaak! Dis nie ’n god nie! Daarom sal daar net splinters van die kalf van Samaria oorbly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want dit is ook uit Israel: 'n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word -- die kalf van Samar¡a. |
| Afrikaans 1983 | as hulle dan deel is van Israel? En daardie ding, dit is deur 'n ambagsman gemaak, dit is nie 'n god nie! Van die kalf van Samaria sal daar net splinters oorbly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | as hulle dan deel is van Israel. En daardie ding, 'n ambagsman het dit gemaak; dit is nie 'n god nie. Ja, die kalf van Samaria sal houtspaanders word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie beeld is nie 'n god nie, want 'n Israeliet het dit met sy hande gemaak. Daarom sal die vyande die kalfbeeld van Samaria stukkend slaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kalf wat hulle gemaak het, is ’n ding wat Israel self uitgedink het. ’n Goudsmid het dit vir julle uit goud gemaak. Dit kan mos nie ’n god wees nie! Samaria se kalf sal nog in stukkies gebreek word. |