Hosea 8:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou kalf, o Samaria, het jou verwerp; my toorn ontvlam teen hulle; hoe lank sal dit duur voordat hulle onskuld bereik?
Afrikaans (NLV) 2011 “Samaria, Ek verwerp hierdie kalf, hierdie afgodsbeeld van julle. My woede het teen julle ontvlam. Hoe lank nog sal hulle onrein bly?
Afrikaans 1933/1953 Jou kalf, o Samar¡a, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?
Afrikaans 1983 Samaria, jou goue kalf is afstootlik! My toorn het losgebreek teen Samaria. Hoe lank sal hulle voortgaan om onrein te bly
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het jou kalf verwerp, Samaria! “My toorn het teen hulle ontbrand. Hoe lank nog sal hulle nie rein kan wees nie –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het in Samaria 'n beeld gemaak van 'n bul-kalf. Ek hou nie daarvan nie, Ek is baie kwaad vir hulle. Hoe lank sal hulle onrein bly? Altyd?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil niks te doen hê met die kalf wat jy uit goud gemaak het nie, Samaria. Ek is woedend oor julle dit gemaak het. Hoeveel tyd moet verbygaan voordat julle sal leer om sonder afgode klaar te kom?