Hosea 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle offer vleis vir die slagoffers van my offers en eet dit; maar die HERE aanvaar hulle nie; nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek; hulle sal na Egipte terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle hou daarvan om offers vir My te bring en die vleis daarvan te eet, maar Ek verwerp hulle offers. Ek sal hulle sondes onthou en hulle tot verantwoording roep: hulle sal na Egipte toe teruggaan.
Afrikaans 1933/1953 Slagoffers, My aangebied, offer hulle -- vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
Afrikaans 1983 Hulle bring offers om hulle self te bevredig, hulle bring vleis sodat hulle dit self kan eet! Sulke offers is nie vir My, die Here, aanneemlik nie. Ek gaan Efraim se sonde teen hulle hou en hulle laat boet vir hulle oortredings: Efraim sal na Egipte toe moet teruggaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle slag offers vir die genot – vleis, sodat hulle kan eet. Die Here, Hy aanvaar hulle nie. Nou gaan Hy hulle sondeskuld in herinnering roep, en Hy gaan rekenskap eis oor hulle sondes. Wat hulle betref, na Egipte sal hulle terugkeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir My offers gebring, maar hulle het die vleis self geëet. Ek hou nie van hulle nie. Ek sal onthou dat hulle sonde gedoen het en Ek sal hulle straf: Hulle sal moet teruggaan na Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle hou daarvan om bymekaar te kom om offers te bring en by die offerplekke saam te eet. Die Here hou niks van die manier waarop hulle dit doen nie. Hulle doen dit op presies dieselfde manier as waarop ander nasies dit vir hulle afgode doen. Die Here onthou alles wat hulle verkeerd gedoen het. Hy gaan hulle straf vir al hulle sondes. Hy sal hulle weer laat teruggaan Egipte toe waar hulle slawewerk gedoen het.