Hosea 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat Efraim baie altare gemaak het om te sondig, sal altare vir hom wees om te sondig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Israel het baie altare gebou om sonde-offers daarop te bring, maar juis hierdie altare het die plekke geword waar sonde gepleeg word!
Afrikaans 1933/1953 Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig -- die altare het vir hom tot sonde geword.
Afrikaans 1983 Toe Efraim meer altare gebou het om sondeoffers te bring, het dit juis vir hom altare geword om op te sondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Toe Efraim meer altare gebou het, was dit om te sondig; dit het vir hom altare geword om mee te sondig!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ja, die mense van Efraim het baie altare gebou en hulle het sonde gedoen by al die altare.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Efraim het al meer en meer plekke gebou waarop hy offers vir sy sonde kan bring. Efraim het egter die altare wat hy gebou het, gebruik om offers vir die afgode te bring. Dit het net gemaak dat hy al meer en meer teen die Here oortree het.