Hosea 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, al het hulle gehuur onder die nasies, nou sal Ek hulle versamel, en hulle sal 'n bietjie treur oor die las van die koning van die vorste.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar al het hy bondgenote onder baie lande gehuur, sal Ek hulle nou bymekaarmaak. Dan sal hulle swaarkry onder die las van die magtige koning.
Afrikaans 1933/1953 Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.
Afrikaans 1983 Maar al sou hy ook vriende maak onder die nasies, sou dit niks baat nie, want Ek gaan hulle nou bymekaarjaag, en binnekort sal hulle soos donkies swaar dra aan die las van die koning van Assirië.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs al werf hulle vriende onder die nasies – Ek gaan hulle nou bymekaar jaag, en hulle sal begin wegkwyn onder die las van die koning van vorste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vriende gesoek by die ander volke, maar dit sal nou nog slegter met hulle gaan. Ek sal hulle nou op een plek laat bly, en hulle sal baie swaar kry. Die koning van Assirië sal hulle baie belasting laat betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs al kry Israel iemand anders onder die nasies wat hom wil help, gaan dit op niks uitloop. Ek sal hulle in ’n hoek vasdruk. Hulle knieë sal onder hulle knak soos pakdonkies wat ’n vrag dra wat te swaar is. Hulle sal soos ’n dier wees waarop die koning en die leiers ’n vrag sit wat te swaar is om te dra.